JOHANNES 4:50
JOHANNES 4:50 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hom gesê: “Jy mag huis toe gaan. Jou seun sal nie sterf nie.” Die man het geglo wat Jesus vir hom gesê het en hy het huis toe gegaan.
JOHANNES 4:50 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jesus antwoord hom: Gaan, jou seun lewe! En die man het die woord geglo wat Jesus vir hom gesê het, en hy het gegaan.
JOHANNES 4:50 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Jesus sê vir hom: “Gaan maar huis toe, jou seun lewe.” Die man het geglo wat Jesus vir hom gesê het, en gegaan.
JOHANNES 4:50 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus sê vir hom: “Gaan, jou seun leef.” Die man het Jesus se woorde geglo en gegaan.
JOHANNES 4:50 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jesus sê vir hom: Gaan heen; jou seun leef. En die man het die woord geglo wat Jesus met hom gespreek het, en hy het weggegaan.