JOHANNES 4:27
JOHANNES 4:27 Bybel vir almal (ABA)
Jesus se dissipels het teruggekom. Hulle het gesien Jesus praat met 'n vrou en hulle was verbaas. Maar nie een van hulle het vir Hom gevra wat Hy van haar wil hê of hoekom Hy met haar praat nie.
JOHANNES 4:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En op dié oomblik het sy dissipels gekom en hulle verwonder dat Hy met 'n vrou in gesprek was. Tog het niemand gesê: Wat verlang U nie? of: Waarom spreek U met haar?
JOHANNES 4:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net toe het sy dissipels teruggekom en hulle was verbaas dat Hy met 'n vrou praat. Tog het niemand vir haar gevra: “Wat wil jy hê?” of vir Hom: “Waarom praat U met haar?” nie.
JOHANNES 4:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Juis op daardie oomblik het sy dissipels teruggekom, en hulle was verbaas, omdat Hy besig was om met 'n vrou te praat. Tog het niemand gevra: “Wat wil U van haar hê?” of “Waarom praat U met haar?” nie.
JOHANNES 4:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hierop het sy dissipels gekom en hulle verwonder dat Hy met die vrou gepraat het; maar niemand het gesê: Wat soek jy? of: Waarom praat jy met haar?