JOHANNES 4:21 - Compare All Versions
JOHANNES 4:21 ABA (Bybel vir almal)
Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, glo My, daar sal 'n tyd kom wanneer mense die Vader nie hier op die berg sal aanbid nie, en ook nie in Jerusalem nie.
JOHANNES 4:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom 'n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.
JOHANNES 4:21 AFR83 (Afrikaans 1983)
Jesus sê toe vir haar: “Glo My, Mevrou, daar kom 'n tyd wanneer julle die Vader nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem sal aanbid nie.
JOHANNES 4:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesus sê vir haar: “Vrou, glo My, daar kom 'n tyd dat julle die Vader nóg op hierdie berg, nóg in Jerusalem sal aanbid.
JOHANNES 4:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom 'n uur wanneer julle die Vader nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem sal aanbid nie.
JOHANNES 4:21 DB (Die Boodskap)
“Mevrou,” sê Jesus, “dit is nie meer lank nie, dan gaan julle die Vader nie meer hier op hierdie berg of in Jerusalem aanbid nie.
JOHANNES 4:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Jesus merk toe op: “Glo My, Vrou, daar kom ’n tyd wanneer julle die Vader nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem sal aanbid nie.