JOHANNES 21:3
JOHANNES 21:3 Die Boodskap (DB)
Petrus was lus om te gaan visvang. Die ander is toe saam met hom. Hulle is met ’n skuit die meer in. Daardie hele nag lank het hulle iets probeer kry, maar hulle het nie ’n enkele vis gevang nie.
JOHANNES 21:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Simon Petrus sê vir hulle: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie.
JOHANNES 21:3 Bybel vir almal (ABA)
Simon Petrus het vir die ander dissipels gesê: “Ek gaan visvang.” Hulle sê toe vir hom: “Ons gaan saam met jou.” Hulle het gegaan en hulle het in die boot geklim, maar hulle het daardie nag niks vis gevang nie.
JOHANNES 21:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Simon Petrus sê vir hulle: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie.
JOHANNES 21:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Simon Petrus sê toe vir hulle: “Ek gaan visvang.” “Ons gaan ook saam met jou,” sê hulle vir hom. Hulle het gegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.
JOHANNES 21:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Simon Petrus sê vir hulle: “Ek gaan visvang.” En hulle sê vir hom: “Ons gaan ook saam met jou.” Hulle het uitgegaan en in die boot geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.
JOHANNES 21:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Simon Petrus sê vir hulle: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. Hulle het uitgegaan en dadelik in 'n skip geklim; en daardie nag het hulle niks gevang nie.