RIGTERS 2:7
RIGTERS 2:7 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het die Here gedien terwyl Josua gelewe het en terwyl die leiers ná Josua gelewe het. Hierdie leiers was die mense wat gesien het watter groot dinge die Here vir die Israeliete gedoen het.
RIGTERS 2:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die volk het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat ná Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van die HERE gesien het wat Hy vir Israel gedoen het.
RIGTERS 2:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
So lank as Josua geleef het, het die volk die Here gedien. Dit was ook nog so terwyl die leiers geleef het wat vir Josua oorleef het. Hulle het nog al die groot dade beleef wat die Here gedoen het om vir Israel te help.