JAKOBUS 3:1-2
JAKOBUS 3:1-2 Bybel vir almal (ABA)
My vriende, julle moenie almal probeer om vir ander mense te leer nie. Julle weet dat God swaarder sal oordeel oor ons wat vir ander mense leer. Ons almal doen baie maal iets wat verkeerd is. As iemand nooit iets verkeerd sê nie, dan lewe so 'n mens soos God wil hê. Dan kan hy ook sy hele lewe bestuur soos 'n mens 'n perd stuur met 'n stang.
JAKOBUS 3:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MOENIE baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons 'n groter oordeel sal ondergaan. Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.
JAKOBUS 3:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word. Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou.
JAKOBUS 3:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie almal leermeesters wil wees nie, my broers, omdat julle weet dat ons strenger geoordeel sal word. Almal van ons struikel tog dikwels. As iemand nie met woorde struikel nie, is hy 'n volmaakte man, en ook daartoe in staat om sy hele liggaam in toom te hou.
JAKOBUS 3:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My broers, wees nie baie meesters nie, omdat jy weet dat ons die groter veroordeling sal ontvang. Want in baie dinge laat ons almal struikel. As iemand nie aanstoot neem in woord nie, is hy 'n volmaakte man en in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.
JAKOBUS 3:1-2 Die Boodskap (DB)
My vriende, daar moenie te veel van julle wees wat die ander in die gemeente wil leer nie. Dit is ’n verantwoordelike werk. God stel strenger eise aan sulke mense. Wanneer Hy ons finaal oordeel, sal Hy dié wat ander geleer het volgens daardie strenger eise beoordeel. Ons almal maak foute en sê verkeerde dinge. As iemand nooit ’n skewe woord sê nie, is hy volmaak. Hy sal geen probleem hê om ook in ander dinge wat hy doen, reg op te tree nie.
JAKOBUS 3:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
My broers en susters, julle moenie almal leermeesters wil word nie, want julle weet dat God ons wat leermeesters is, strenger as ander sal beoordeel. Ons maak almal baie foute. Maar ’n mens wat sy tong in toom kan hou, kan dit ook met sy hele liggaam regkry.