JESAJA 60:19
JESAJA 60:19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig verskaf nie, en snags sal jy nie die maan nodig hê vir lig nie, want die HERE sal vir altyd jou lig wees, en jy sal roem in jou God.
JESAJA 60:19 Bybel vir almal (ABA)
In die dag sal die son nie meer vir jou lig gee nie en die maan sal nie meer op jou skyn nie. Maar die Here sal altyd jou lig wees, jou God sal vir jou eer gee.
JESAJA 60:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.
JESAJA 60:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig gee nie, snags sal dit nie die maan wees wat oor jou skyn nie: die Here sal vir jou 'n ewige lig wees, en jy sal roem in jou God.
JESAJA 60:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir jou sal die son nie meer daar wees as 'n lig bedags nie, en die maan sal nie as 'n helder lig vir jou skyn nie. Die HERE sal as 'n ewige lig daar wees, en jou God as jou roem.