JESAJA 60:17
JESAJA 60:17 Bybel vir almal (ABA)
Jerusalem, jy het nou brons, maar Ek bring vir jou goud, jy het yster, maar Ek bring silwer, jy het hout, maar Ek bring brons, jy het klip, maar Ek bring yster. Ek sal vir jou vrede gee, jou mense sal reg doen aan mekaar.
JESAJA 60:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Vir koper bring Ek goud en vir yster bring Ek silwer, en vir hout koper en vir klippe yster; en Ek sal Vrede as jou owerheid aanstel en Geregtigheid as jou bestuurders.
JESAJA 60:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek gee vir jou goud in die plek van brons, silwer in die plek van yster, brons in die plek van hout, yster in die plek van klip. Ek laat vrede oor jou regeer, Ek laat geregtigheid jou bestuur.
JESAJA 60:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In plaas van koper bring Ek goud, en in plaas van yster bring Ek silwer, in plaas van hout, koper, en in plaas van klippe, yster. Ek stel vrede aan as jou toesighouer, geregtigheid as jou regeerder.
JESAJA 60:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vir koper sal Ek goud bring, en vir yster sal Ek silwer bring, en vir hout koper en vir klippe yster; Ek sal ook vir jou dienaars vrede maak en aan jou amptenare geregtigheid.