JESAJA 6:6-7
JESAJA 6:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Een van die serafs het na my toe gevlieg. In sy hand was 'n warm vuur-kool, hy het dit met 'n tang gevat van die altaar. Hy het aan my mond geraak met die kool en hy het gesê: “Kyk, die kool het aan jou lippe geraak, nou is jou sonde weg, God het jou gereinig.”
JESAJA 6:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met 'n gloeiende kool in sy hand, wat hy met 'n tang van die altaar af geneem het, en my mond daarmee aangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen.
JESAJA 6:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Een van die serafs het toe 'n gloeiende kool met 'n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg. Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.”
JESAJA 6:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Een van die serafs het na my toe gevlieg met 'n gloeiende kool by hom wat hy met 'n tang van die altaar af geneem het. Hy het my mond aangeraak en gesê: “Kyk, dit het jou lippe aangeraak, jou sondeskuld het gewyk, daar is vir jou sonde versoening gedoen.”
JESAJA 6:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het een van die serafs na my toe gevlieg met 'n gloeiende kool in sy hand wat hy met die tang van die altaar af geneem het. En hy het dit op my mond gelê en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak; en jou ongeregtigheid is weggeneem en jou sonde gereinig.