YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

JESAJA 6:1

JESAJA 6:1 Bybel vir almal (ABA)

Ek, Jesaja, het die Here gesien. Dit was in die jaar toe koning Ussia gesterf het. Die Here het op 'n baie hoë troon gesit en die onderkant van sy klere het die tempel volgemaak.

Deel
Lees JESAJA 6

JESAJA 6:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

IN die sterfjaar van koning Ussía het ek die Here sien sit op 'n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.

Deel
Lees JESAJA 6

JESAJA 6:1 Afrikaans 1983 (AFR83)

In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul.

Deel
Lees JESAJA 6

JESAJA 6:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

In die sterfjaar van koning Ussia het ek my Heer sien sit op 'n hoë en verhewe troon. Die some van sy kleed het die •tempel gevul.

Deel
Lees JESAJA 6

JESAJA 6:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

In die jaar dat koning Ussia gesterf het, het ek ook die HERE sien sit op 'n hoë en verhewe troon, en sy trein het die tempel gevul.

Deel
Lees JESAJA 6

JESAJA 6:1 Die Boodskap (DB)

In die jaar toe koning Ussia dood is, het ek die Here in ’n visioen gesien. Hy het op ’n baie hoë troon gesit, en die soom van sy kleed het die tempel gevul.

Deel
Lees JESAJA 6

JESAJA 6:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

In die jaar wat koning Ussia dood is, het ek die Here gesien. Sy troon was hoog en verhewe, en die soom van sy kleed het die tempel gevul.

Deel
Lees JESAJA 6
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's