HOSEA 9:6
HOSEA 9:6 Bybel vir almal (ABA)
Want hulle mense wat nog lewe, sal in Egipte gaan woon. Hulle grafte sal in die stad Memfis wees. Hulle mooi silwergoed sal tussen die bossies lê, en in hulle tente sal dorings groei.
HOSEA 9:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees.
HOSEA 9:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dié wat die verwoesting ontvlug, sal in Egipte bymekaargemaak en in Memfis begrawe word. Waar hulle silwerskatte begrawe lê, en in hulle woonplekke, sal onkruid en dorings groei.
HOSEA 9:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want kyk, dié wat aan die verwoesting ontkom – Egipte sal hulle bymekaarmaak en Moof sal hulle begrawe. Hulle kosbaarhede van silwer – brandnetels sal dit in besit neem; sydissels sal in hulle tente wees.
HOSEA 9:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want kyk, hulle is weg vanweë die vernietiging: Egipte sal hulle bymekaarmaak, Memfis sal hulle begrawe; die lieflike plekke vir hulle silwer, brandnetels sal dit in besit neem; dorings sal in hulle tente wees.
HOSEA 9:6 Die Boodskap (DB)
Dié wat dit regkry om van die Assiriërs weg te kom, sal in elk geval in Egipte gevang word. Die Egiptenaars sal hulle doodmaak en in Memfis begrawe. Daar sal bossies en dorings groei op die plekke waar hulle gebly het. Oor elke plek wat vir hulle kosbaar was, sal daar gras groei.”