HABAKUK 2:18
HABAKUK 2:18 Bybel vir almal (ABA)
'n Beeld van 'n afgod beteken niks. Iemand het die beeld gemaak, en die beeld laat mense lieg. Die mens wat die beeld gemaak het, dink die beeld sal hom help, maar die beeld kan nie praat of iets doen nie.
HABAKUK 2:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wat baat 'n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, 'n gegote beeld, wat 'n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak?
HABAKUK 2:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat is die nut van 'n afgod? Dit is maar net iets wat deur 'n mens gemaak is, 'n beeld waarvan net bedrog te wagte kan wees. Wat baat dit die maker om op sy maaksel te vertrou as hy 'n afgod gemaak het wat nie eens kan praat nie?
HABAKUK 2:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Watter nut het 'n gesnede beeld as sy maker hom uitgekerf het? Dit is 'n gegote beeld en 'n leermeester van leuens. Ja, hy vertrou op die maaksel wat hy self geskep het. Wat baat dit om stom, nuttelose afgodsbeelde te maak?
HABAKUK 2:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat baat die gesnede beeld dat sy maker dit gesny het; die gegote beeld en 'n leraar van leuens, dat die maker van sy werk daarop vertrou om stomme afgode te maak?