GENESIS 35:4
GENESIS 35:4 Bybel vir almal (ABA)
Hulle gee toe vir Jakob al die beelde wat hulle gehad het van ander volke se gode, en ook al hulle oor-ringe. Jakob het dit alles begrawe onder die boom by Sigem.
GENESIS 35:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe gee hulle aan Jakob al die vreemde gode wat in hulle besit was, en die ringe aan hulle ore, en Jakob het dit begrawe onder die terpentynboom wat by Sigem is.
GENESIS 35:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het toe al die afgodsbeelde in hulle besit vir Jakob gegee en ook hulle oorringe. Hy het dit onder die groot boom by Sigem begrawe.
GENESIS 35:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het toe al die vreemde gode wat hulle by hulle gehad het, vir Jakob gegee, ook die ringe wat aan hulle ore was. Hy het dit onder die groot terebintboom wat by Sigem is, weggesteek.
GENESIS 35:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het aan Jakob al die vreemde gode gegee wat in hulle hand was, en al hulle oorringe wat in hulle ore was; en Jakob het hulle weggesteek onder die terpentynboom wat by Sigem was.