GENESIS 35:2
GENESIS 35:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jakob beveel toe almal in sy huishouding: “Raak ontslae van julle afgodsbeelde, was julle en trek skoon klere aan.
GENESIS 35:2 Bybel vir almal (ABA)
Jakob sê toe vir sy huisgesin en almal wat by hom was: “Gooi weg al die beelde van ander volke se gode wat by julle is. Reinig julle en trek ander klere aan.
GENESIS 35:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Jakob aan sy huisgesin en aan almal wat by hom was: Verwyder die vreemde gode wat onder julle is, en reinig julle en trek ander klere aan
GENESIS 35:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Jakob vir sy hele huis en vir almal by hom: “Haal uit al die afgodsbeelde wat by julle is. Reinig julle en trek ander klere aan.
GENESIS 35:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jakob sê toe vir sy huis en almal wat by hom was: “Verwyder die vreemde gode wat in julle midde is en reinig julle; trek ander klere aan.
GENESIS 35:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Jakob aan sy huisgesin en aan almal wat by hom was: Verwyder die vreemde gode wat onder julle is, en word rein, en verander julle klere.