GENESIS 35:17 - Compare All Versions

GENESIS 35:17 AFR83 (Afrikaans 1983)

Met dié dat Ragel so swaar ly by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: “Moenie bekommerd wees nie. Ook hierdie keer het jy 'n seun!”

GENESIS 35:17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook 'n seun vir u.

GENESIS 35:17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe sy so swaarkry met die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: “Moenie bang wees nie. Jy het weer ’n seun!”

GENESIS 35:17 DB (Die Boodskap)

Toe die geboortepyne op hulle ergste was, het die vroedvrou vir Ragel gesê: “Mevrou, moenie meer bang wees nie, want dit is ’n seuntjie.”

GENESIS 35:17 ABA (Bybel vir almal)

Toe sê die vrou wat haar gehelp het: “Moenie bang wees nie, want jy het nou nog 'n seun gekry.”

GENESIS 35:17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Terwyl sy so swaar gekry het met die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: “Moenie bang wees nie, want ook hierdie een is 'n seun vir jou.”

GENESIS 35:17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe sy in die harde kraam was, sê die vroedvrou vir haar: Moenie vrees nie; jy sal ook hierdie seun hê.