GENESIS 33:5
GENESIS 33:5 Bybel vir almal (ABA)
Toe Esau kyk, sien hy die vroue en die kinders en hy vra: “Wie is hierdie mense by jou?” Jakob het geantwoord: “Dit is die kinders wat God vir my gegee het. God was baie goed vir my.”
GENESIS 33:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat God uit genade aan u dienaar geskenk het.
GENESIS 33:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Esau het opgekyk en die vrouens en kinders gesien en toe sê hy: “Wie is al hierdie mense by jou?” Jakob het geantwoord: “Dit is die kinders wat God in sy liefde aan my gegee het.”
GENESIS 33:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Esau rondkyk en die vroue en kinders sien, vra hy: “Wie is hierdie mense by jou?” Hy het geantwoord: “Dit is die kinders wat God uit genade vir u dienaar gegee het.”
GENESIS 33:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het sy oë opgeslaan en die vroue en die kinders gesien; en gesê: Wie is dié by jou? En hy sê: Die kinders wat God U kneg genadiglik gegee het.