GENESIS 33:10
GENESIS 33:10 Bybel vir almal (ABA)
Maar Jakob het gesê: “Nee, as Meneer vriendelik wil wees met my, dan moet jy asseblief my present aanvaar, want ek het dit vir jou gegee soos 'n mens iets vir God gee. En jy was vriendelik met my.
GENESIS 33:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry soos 'n mens die aangesig van God sien, en u het behae in my gehad.
GENESIS 33:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Jakob: “Nee, as u my goedgesind is, moet u my geskenk aanvaar. Ek het na u toe gekom om u goedgesindheid te wen net soos wanneer 'n mens in die teenwoordigheid van God verskyn. En u het my vriendelik ontvang.
GENESIS 33:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jakob het egter gesê: “Nee, asseblief! As ek guns gevind het in u oë, neem dan my geskenk uit my hand. Juis daarom kon ek u gesig sien, net soos 'n mens God se gesig sien – en u het my aanvaar.
GENESIS 33:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Jakob: Nee, as ek nou genade in U oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand; want daarom het ek U aangesig gesien asof ek die aangesig van God gesien het, en U het 'n welbehae gehad saam met my.