PREDIKER 5:7
PREDIKER 5:7 Bybel vir almal (ABA)
Jy sien miskien dat distrikshoofde die mense verdruk wat niks het nie. Jy sien dat hulle nie reg doen nie en nie regverdig is nie. Jy moenie verbaas wees daaroor nie, want die belangrike amptenaar is die hoof van die ander amptenare en hy beskerm hulle. Die belangrikste amptenaar is die hoof van die belangrike amptenare en hy beskerm hulle.
PREDIKER 5:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As jy verdrukking van die arme en berowing van reg en geregtigheid sien in die land — verwonder jou nie oor die saak nie, want 'n hoër een loer op die hoë, en die hoëres weer op hulle.
PREDIKER 5:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
As jy sien die armes word verdruk en daar is geen reg en geregtigheid in 'n gebied nie, moet jy jou nie daaroor verbaas nie: elkeen met gesag word beskerm deur 'n hoër gesag, en almal saam deur 'n hoogste gesag.
PREDIKER 5:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As jy die afpersing van armes en die verdraaiing van reg en geregtigheid sien in 'n provinsie, moet jy jou nie oor die saak verbaas nie, want hooggeplaastes hou 'n oog oor hooggeplaastes, en hoëres weer oor hulle.
PREDIKER 5:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want in die menigte van drome en baie woorde is daar ook verskillende nietighede; maar vrees God.