DEUTERONOMIUM 4:36
DEUTERONOMIUM 4:36 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het uit die hemel gepraat en julle het sy stem gehoor, Hy het vir julle geleer hoe julle moet lewe. Hy het vir julle sy groot vuur op die aarde gewys en julle het gehoor dat Hy uit die vuur praat.
DEUTERONOMIUM 4:36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor.
DEUTERONOMIUM 4:36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het julle sy stem uit die hemel laat hoor om julle te onderrig en Hy het julle sy groot vuur op die aarde laat sien en julle het sy woorde uit die vuur uit gehoor.
DEUTERONOMIUM 4:36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Uit die hemel het Hy julle sy stem laat hoor om julle op te voed, en op die aarde het Hy julle sy groot vuur laat sien. En sy woorde het julle uit die vuur gehoor.
DEUTERONOMIUM 4:36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur gewys; en jy het sy woorde uit die vuur gehoor.