DEUTERONOMIUM 14:2
DEUTERONOMIUM 14:2 Bybel vir almal (ABA)
want julle is die gewyde volk van julle God die Here. Die Here het vir júlle gekies uit al die ander volke op die aarde om aan Hom te behoort en om sy eie volk te wees.”
DEUTERONOMIUM 14:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want jy is 'n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.
DEUTERONOMIUM 14:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle is 'n volk wat aan die Here julle God gewy is. Hy het julle uit al die volke op die aarde uitgekies om sy eiendomsvolk te wees.
DEUTERONOMIUM 14:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want jy is vir die HERE jou God 'n heilige volk, en jou het die HERE uitgekies om as volk sy persoonlike eiendom te wees onder al die volke op aarde.
DEUTERONOMIUM 14:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want jy is 'n heilig volk aan die HERE jou God, en die HERE het jou uitverkies om vir Hom 'n eiendomsvolk te wees uit al die nasies wat op die aarde is.