AMOS 5:5 - Compare All Versions
AMOS 5:5 ABA (Bybel vir almal)
Julle moenie in die stad Bet-El gaan vra nie, en julle moet ook nie na die stad Gilgal gaan nie. Julle moenie verder gaan na die stad Berseba nie. Die vyande sal die mense van Gilgal vang en na 'n ander land vat en hulle sal Bet-El verwoes.”
AMOS 5:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar soek Bet-el nie, en kom nie na Gilgal nie en trek nie deur na Berséba nie. Want Gilgal sal gewis in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niks word nie.
AMOS 5:5 AFR83 (Afrikaans 1983)
Moenie in Bet-El gaan raad soek nie, moenie na Gilgal toe gaan of verbygaan Berseba toe nie. Gilgal sal in ballingskap weggevoer word, en Bet-El sal tot niet gaan.
AMOS 5:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moet Bet-El nie besoek nie; na Gilgal mag julle nie gaan nie en na Berseba die grens nie oorsteek nie. Want Gilgal sal beslis in ballingskap gaan en Bet-El sal 'n nietigheid word.”
AMOS 5:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar soek Bet-El nie en gaan nie in Gilgal in nie, en trek nie na Berséba oor nie; want Gilgal sal sekerlik in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niet gaan.
AMOS 5:5 DB (Die Boodskap)
Moenie My gaan soek by die plek van aanbidding by Bet-El nie. Moenie na die altaar by Gilgal toe gaan nie. Moenie aftrek na Berseba om daar te gaan bid nie. Die pad waarlangs die vyand julle uit julle land sal wegvat, begin by Gilgal. Bet-El is die plek waar ’n ramp julle gaan tref.
AMOS 5:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Moenie afgode raadpleeg in Bet-El nie. Moet ook nie na Gilgal gaan of na Berseba toe nie. Die mense van Gilgal sal in ballingskap gaan. Niks sal oorbly van die mense van Bet-El nie.”