AMOS 5:21-24
AMOS 5:21-24 Bybel vir almal (ABA)
“Ek haat julle feeste, Ek wil nie die feeste hê nie. Ek hou nie van julle gewyde feesdae nie. Julle bring vir My brand-offers en koring-offers, maar Ek wil dit nie hê nie en Ek wil glad nie kyk na die vet diere wat julle bring vir ete-offers nie. Wanneer julle sing, dan is dit nie vir My mooi nie, julle raas net. Hou op sing! Ek wil nie luister wanneer julle musiek maak met 'n harp nie. Ek wil hê julle moet reg doen aan mense. Julle moet aanhou om dit te doen, aanhou soos 'n rivier wat altyd vol is.
AMOS 5:21-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie. Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie. Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie. Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom.
AMOS 5:21-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek haat, Ek verafsku julle feeste, Ek het niks aan julle feestye nie. Al bring julle vir My brandoffers en graanoffers, dit is nie vir My aanneemlik nie, en Ek kyk nie eens na julle maaltydoffers van vetgevoerde kalwers nie. Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing; Ek wil nie jou harpmusiek hoor nie! Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom, laat dit aanrol soos watergolwe, soos 'n standhoudende stroom.
AMOS 5:21-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Ek haat, Ek verwerp julle feeste; Ek wil julle feesvierings nie ruik nie. Ja, selfs al lê julle vir My •brandoffers en julle •graanoffers op die altaar, Ek aanvaar dit nie; 'n •maaltydoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie raak nie. Hou die lawaai van julle liedere weg van My; die klank van julle harpe wil Ek nie hoor nie. Laat die reg voortrol soos water en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom.
AMOS 5:21-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek haat, ek verag jou feesdae, en ek sal nie ruik in jou feestelike byeenkomste nie. Al bring julle vir My brandoffers en julle spysoffers, Ek sal dit nie behaag nie; en Ek sal nie ag gee op die dankoffers van julle vet vee nie. Neem die geraas van u liedere van my weg; want ek sal die melodie van jou viooltjies nie hoor nie. Maar laat die reg afloop soos waters en geregtigheid soos 'n magtige stroom.
AMOS 5:21-24 Die Boodskap (DB)
“Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle diere kom offer wat julle vir My vetgemaak het nie. Spaar My die lawaai wat julle maak as julle vir My sing. Ek wil nie luister na die harpmusiek wat julle vir My maak nie. “Wees eerder regverdig. Laat dit aangerol kom soos branders by die see. Laat eerder alles wat regverdig is deur julle lewe vloei soos ’n rivier wat nooit gaan staan nie.
AMOS 5:21-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek haat, Ek verafsku julle feeste. Ek vind geen plesier in julle samekomste nie. Ek sal nie julle brandoffers en graanoffers aanvaar nie. Ek sal My nie eers steur aan die vetgemaakte diere wat julle as offers bring nie. Hou op om lofliedere te sing, dit is net ’n geraas! Ek sal ook nie na die melodieë van julle harpe luister nie. Ek wil liewer ’n vloed van regverdigheid sien, ’n eerlike leefwyse soos ’n stroom water wat nie ophou vloei nie.