AMOS 5:16
AMOS 5:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here, die almagtige God, die Here: Die mense sal treur op al die oop ruimtes, hulle sal op al die strate sê: “Ag tog, ag tog!” Hulle sal die boere en die treursangers roep om saam te kom treur.
AMOS 5:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, so sê die HERE, die God van alle magte, my Heer: “Op al die dorpspleine klink die rouklag op. In al die strate roep hulle, ‘O wee! O wee!’ Hulle roep plaaswerkers om deel te neem aan die rouplegtigheid en die rouklag, saam met die kenners van treursang.
AMOS 5:16 Die Boodskap (DB)
“Omdat dit gebeur het,” sê die Here, die God wat so sterk is, “sal daar gehuil word op die oop plekke in die stad waar die mense bymekaarkom. In die strate daarbuite sal hulle loop en roep: ‘Ai tog, ai tog!’ Hulle sal die boer van sy lande af roep en die mense wat betaal word om op begrafnisse te kom huil sodat hulle ook saam kan kom huil.
AMOS 5:16 Bybel vir almal (ABA)
Ja, die Here sê, die God wat oor alles regeer, die Here, sê: “Die mense sal huil en treur op al die oop plekke in die stad, hulle sal in al die strate sug. Hulle betaal mense om te treur, en hulle sal die boere roep om saam te kom treur oor almal wat dood is.
AMOS 5:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare, die Here: Op al die pleine weeklag! En op al die strate sal hulle sê: Ag, ag! En hulle sal na die landbouer roep om te treur, en te weeklaag na die wat verstaan om treurliedere te sing.
AMOS 5:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sê die HERE, die God van die leërskare, die HERE so: Geweeklaag sal wees in alle strate; en hulle sal op al die grootpaaie sê: Wee! helaas! en hulle sal die landbouer tot rou roep, en die wat bekwaam is van weeklaag tot weeklag.