HANDELINGE 8:25 - Compare All Versions

HANDELINGE 8:25 ABA (Bybel vir almal)

Die apostels het aangehou preek en hulle het die boodskap van die Here gebring. Toe het hulle teruggegaan na Jerusalem. Op die pad na Jerusalem het hulle in baie dorpies van die Samaritane die goeie boodskap gebring.

HANDELINGE 8:25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Nadat hulle dan kragtig getuig en die woord van die Here gespreek het, het hulle na Jerusalem teruggegaan en die evangelie aan baie dorpe van die Samaritane verkondig.

HANDELINGE 8:25 AFR83 (Afrikaans 1983)

So het die apostels dan kragtig getuienis gelewer en die woord van die Here verkondig. Hulle het na Jerusalem toe teruggegaan en onderweg die evangelie in baie dorpe van die Samaritane verkondig.

HANDELINGE 8:25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Nadat hulle kragtig getuig en die woord van die Here verkondig het, het hulle na Jerusalem teruggekeer en die evangelie in talle Samaritaanse dorpe verkondig.

HANDELINGE 8:25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En nadat hulle getuig en die woord van die Here verkondig het, het hulle na Jerusalem teruggekeer en die evangelie in baie dorpe van die Samaritane verkondig.

HANDELINGE 8:25 DB (Die Boodskap)

Nadat die apostels die Here se woord met groot krag aan die mense bekendgemaak het, het hulle teruggekeer na Jerusalem. Onderweg daarheen het hulle by baie dorpies in Samaria aangedoen en ook daar vir almal die goeie nuus oor Jesus vertel.

HANDELINGE 8:25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Nadat Petrus en Johannes kragtig getuienis gelewer en die woord van die Here in Samaria verkondig het, het hulle na Jerusalem toe teruggegaan. Op pad het hulle die evangelie ook in baie Samaritaanse dorpies verkondig.