HANDELINGE 2:1-2
HANDELINGE 2:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Al die gelowiges was bymekaar op die dag van die Pinksterfees. Hulle het skielik iets gehoor wat uit die hemel kom. Dit was soos 'n sterk wind wat waai. Hulle het dit gehoor oral waar hulle in die huis gesit het.
HANDELINGE 2:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
HANDELINGE 2:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. Skielik was daar 'n geluid uit die hemel soos van 'n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het.
HANDELINGE 2:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die dag van die Pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. Onverwags het daar uit die hemel 'n geluid soos dié van 'n kragtige stormwind opgeklink, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
HANDELINGE 2:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die dag van Pinkster aangebreek het, was hulle almal eendragtig op een plek. En skielik het daar 'n geluid uit die hemel gekom soos van 'n geweldige stormwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.