2 KRONIEKE 16:9
2 KRONIEKE 16:9 Bybel vir almal (ABA)
Want die Here sien alles wat op die aarde gebeur en Hy maak die mense sterk wat in Hom glo. Maar jy het 'n dom ding gedoen, en van nou af sal jy altyd oorlog moet maak.”
2 KRONIEKE 16:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want die HERE — sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.
2 KRONIEKE 16:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Maar nou het jy dwaas opgetree en daarom sal jy van nou af oorlog hê.”
2 KRONIEKE 16:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want die HERE, sy oë deurkruis die hele aarde, om hulle wie se harte volkome by Hom is, kragtig by te staan. Hierin het jy dwaas opgetree, want van nou af sal daar oorloë teen jou wees.”
2 KRONIEKE 16:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die oë van die HERE loop deur die hele aarde om sterk te wees ten behoewe van die wie se hart volkome teenoor Hom is. Hierin het jy dwaas gehandel; daarom sal jy van nou af oorloë hê.