2 Kronieke 2 Kronieke 16

2 Kronieke 16
Asa se dood
1In die ses en dertigste jaar van die regering van Asa het Baésa, die koning van Israel, teen Juda opgetrek en Rama gebou met die doel dat hy niemand by Asa, die koning van Juda, sou laat uit- of ingaan nie.
2Toe het Asa silwer en goud uit die skatte van die huis van die HERE en van die huis van die koning te voorskyn gebring en aan Benhadad, die koning van Aram, wat in Damaskus gewoon het, gestuur om te sê:
3Daar is 'n verbond tussen my en jou, soos daar tussen my vader en jou vader was; kyk, ek stuur vir jou silwer en goud; gaan, verbreek jou verbond met Baesa, die koning van Israel, dat hy van my kan weggaan.
4En Benhadad het na koning Asa geluister en die owerstes van sy leërs gestuur teen die stede van Israel; en hulle het Ijon en Dan en Abelmaim en al die voorraadstede van Náftali verslaan.
5En toe Baésa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en sy werk laat ophou.
6Toe het koning Asa die hele Juda geneem; en hulle het die klippe van Rama en sy hout waarmee Baésa gebou het, weggevoer; en hy het daarmee Geba en Mispa gebou.
7En in dié tyd het die siener Hanani by Asa, die koning van Juda gekom, en vir hom gesê: Omdat jy op die koning van Aram gesteun het en nie op die HERE jou God vertrou het nie, daarom het die leër van die koning van Aram ontvlug uit jou hand.
8Was die Kusiete en die Lubiete nie 'n groot leër, met baie strydwaens en ruiters nie? maar omdat jy op die HERE gesteun het, het Hy hulle in jou hand gegee.
9Want die oë van die HERE loop deur die hele aarde om sterk te wees ten behoewe van die wie se hart volkome teenoor Hom is. Hierin het jy dwaas gehandel; daarom sal jy van nou af oorloë hê.
10Toe was Asa kwaad op die siener en het hom in 'n gevangenis gesit; want hy was woedend vir hom oor hierdie saak. En Asa het in dieselfde tyd sommige van die volk verdruk.
11En kyk, die geskiedenis van Asa, die eerste en die laaste, kyk, dit is beskrywe in die boek van die konings van Juda en Israel.
12En Asa was in die nege-en-dertigste jaar van sy regering siek aan sy voete, totdat sy siekte uitermate groot was; maar in sy siekte het hy nie die HERE gesoek nie, maar die geneesHERE.
13En Asa het ontslaap met sy vaders en gesterwe in die een en veertigste jaar van sy regering.
14En hulle het hom begrawe in sy eie grafte wat hy vir hom gemaak het in die stad van Dawid, en hom neergelê op die bed wat gevul was met lieflike geure en allerhande soorte speserye wat deur die kuns van die aptekers voorberei is; en hulle het 'n baie groot brand vir hom.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid