2 KRONIEKE 15:16
2 KRONIEKE 15:16 Bybel vir almal (ABA)
Koning Asa het ook vir sy ouma Maäka gesê sy sal nie meer belangrik wees omdat sy 'n koning se ma is nie, want sy het 'n afgodsbeeld laat maak van die godin Asjera. Asa het die beeld omgegooi en stukkend geslaan. Hy het dit laat verbrand in die Kedron-vallei.
2 KRONIEKE 15:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Koning Asa het vir Maäka, sy ouma, as koninginmoeder afgesit omdat sy 'n Asjerabeeld, 'n walglike ding, laat maak het. Asa het die ding stukkend gekap, dit fyngemaal en in die Kedrondal in die vuur gegooi.
2 KRONIEKE 15:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ja, selfs het hy Máäga, die moeder van koning Asa, afgesit as gebiedster, omdat sy 'n afgryslike voorwerp vir Asjéra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en stukkend gestamp en in die dal Kidron verbrand.
2 KRONIEKE 15:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Selfs vir Maäga, grootmoeder van koning Asa, vir haar het hy as koninginmoeder verwyder omdat sy 'n gruwelike beeld vir Asjera gemaak het. Asa het dié gruwelike beeld afgekap, dit fyngestamp en in die Kidrondal verbrand.
2 KRONIEKE 15:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ook aangaande Máäga, die moeder van koning Asa, het hy haar van koningin verwyder, omdat sy 'n afgodsbeeld in 'n bos gemaak het