1 TESSALONISENSE 5:11-12 - Compare All Versions

1 TESSALONISENSE 5:11-12 AFR83 (Afrikaans 1983)

Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen. Broers, ons vra julle: Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys.

1 TESSALONISENSE 5:11-12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen. MAAR ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan

1 TESSALONISENSE 5:11-12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daarom, soos julle reeds doen, moet julle aanhou om mekaar moed in te praat en geestelik op te bou. Broers en susters, ons vra julle om erkenning te gee aan die mense wat hard onder julle werk. Hulle is julle leiers in die Here se werk en hou julle op die regte pad.

1 TESSALONISENSE 5:11-12 DB (Die Boodskap)

Julle moet asseblief met mekaar gesels oor al die dinge wat ek nou vir julle gesê het. Praat mekaar moed in. Ek weet julle doen dit. Maar hou asseblief daarmee aan! Broers en susters, ek wil julle mooi vra om groot respek vir al die leiers in die kerk te hê. Onthou, die Here het hulle aangestel om sy wil aan julle bekend te maak. As julle die spoor byster raak, moet hulle julle aanspreek, en as julle swaarkry, moet hulle julle vertroos.

1 TESSALONISENSE 5:11-12 ABA (Bybel vir almal)

Daarom moet julle mekaar help om nie moedeloos te word nie en om sterk te wees, soos julle al klaar doen. Vriende, ons vra vir julle dat julle die leiers moet respekteer wat hard werk daar by julle. Want hulle lei julle soos die Here wil hê, en hulle leer vir julle van Hom.

1 TESSALONISENSE 5:11-12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daarom, bemoedig mekaar, en laat die een die ander in die geloof opbou, soos julle inderdaad doen. Maar ons vra julle, broers, om respek te betoon aan diegene wat ywerig onder julle werk, en julle in die Naam van die Here voorgaan en teregwys

1 TESSALONISENSE 5:11-12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Daarom, troos julle saam en bou mekaar op, soos julle ook doen. En ons smeek julle, broeders, om die wat onder julle arbei en oor julle in die Here is, te ken en julle te vermaan