1 TESSALONISENSE 1:1-2
1 TESSALONISENSE 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, saam met Silvanus en Timoteus, skryf hierdie brief vir julle in Tessalonika, die gemeente wat behoort aan God die Vader en aan die Here Jesus Christus. Ons groet julle. Ons bid dat God genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle sy vrede sal gee. Wanneer ons bid, dan dink ons aan julle almal en dan sê ons vir God dankie.
1 TESSALONISENSE 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense wat in God die Vader en die Here Jesus Christus is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! ONS dank God altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede
1 TESSALONISENSE 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, Silvanus en Timoteus. Aan die gemeente van die Tessalonisense, wat aan God die Vader en die Here Jesus Christus behoort. Genade en vrede vir julle! Ons dank God altyd vir julle almal wanneer ons in ons gebede aan julle dink. Sonder ophou
1 TESSALONISENSE 1:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus, Silvanus en Timoteus, aan die •gemeente van die Thessalonisense, in God die Vader en die Here Jesus •Christus: Genade vir julle en vrede. Ons dank God altyd oor julle almal wanneer ons aan julle dink in ons gebede. Voor God ons Vader onthou ons onophoudelik die uitwerking van julle geloof, die moeitevolle inspanning van julle liefde, en die standvastigheid van julle hoop op ons Here Jesus Christus.
1 TESSALONISENSE 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus en Silvanus en Timoteus aan die gemeente van die Tessalonisense wat in God die Vader en in die Here Jesus Christus is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus. Ons dank God altyd vir julle almal en maak van julle melding in ons gebede
1 TESSALONISENSE 1:1-2 Die Boodskap (DB)
Van Paulus en Silvanus en Timoteus. Ons groet julle almal daar in die kerk in Tessalonika. Julle ken God as Vader en julle glo in die Here Jesus Christus. Mag julle elke dag God se goedheid beleef. En mag julle ook sy vrede in julle lewe ervaar. Elke keer wanneer ek met God oor julle elkeen praat, is daar net een woord op my lippe: Dankie!