1 TESSALONISENSE 1

1
Paulus en sy kollegas skryf aan die gemeente in Tessalonika en stuur ’n seëngroet
1Hierdie brief kom van Paulus, Silvanus en Timoteus.
Ons skryf aan die gemeente in Tessalonika wat aan God die Vader en die Here Jesus Christus behoort.
Genade#1:1a Of onverdiende goedheid. en vrede vir julle.#1:1b Sommige manuskripte Genade vir julle en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus.
Paulus dank God vir die gelowiges in Tessalonika
2Wanneer ons bid, dank ons God altyd vir almal van julle. 3Ons onthou voortdurend hoe julle geloof dade word, hoe hard julle liefde julle laat werk en hoe julle aanhou hoop op ons Here Jesus Christus#1:3 Grondteks hoop op ons Here Jesus Christus.. In ons gebede noem ons hierdie dinge voor God ons Vader. 4God het julle lief, broers en susters#1:4 Grondteks broers.. Ons weet dat Hy julle uitgekies het, 5want die Goeie Nuus#1:5 Of evangelie. wat ons gebring het, het tot julle gekom, nie net met woorde nie, maar ook deur die krag van die Heilige Gees en met groot oortuiging. Julle weet mos hoe voorbeeldig ons optrede by julle was, en dít ter wille van julle. 6Julle het mense geword wat ons voorbeeld – en ook die Here s’n – volg, toe julle onder baie moeilike omstandighede die woord aangeneem het met ’n blydskap wat van die Heilige Gees kom. 7Hierdeur het julle op julle beurt ’n voorbeeld vir al die gelowiges in Masedonië en Agaje geword, 8want van julle af het die Here se boodskap nie net in Masedonië en Agaje weerklink nie, nee, óral het julle geloof in God bekend geword! Die gevolg is dat óns eintlik niks hoef te sê nie, 9want die mense praat self oor hoe positief julle ons ontvang het#1:9 Grondteks watter ingang ons by julle gehad het. en hoe julle van die afgode af weggedraai het na God toe om die lewende en ware God te dien, 10en om sy Seun uit die hemel te verwag. Hierdie Seun is Jesus wat God uit die dood opgewek het. Dit is Hý wat ons verlos van die oordeel wat kom.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid