1 KONINGS 6:11-13 - Compare All Versions

1 KONINGS 6:11-13 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die woord van die Here het tot Salomo gekom en gesê: “Jy bou nou die tempel. As jy volgens my voorskrifte leef en my bepalings uitvoer en jou aan al my gebooie hou en volgens hulle leef, sal Ek my beloftes wat Ek aan jou vader Dawid gemaak het, nakom teenoor jou. Ek sal tussen die Israeliete woon, Ek sal my volk Israel nie verlaat nie.”

1 KONINGS 6:11-13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die woord van die HERE het tot Salomo gekom en gesê: Wat hierdie huis betref, wat jy besig is om te bou — as jy wandel in my insettinge en my verordeninge uitvoer en al my gebooie onderhou om daarin te wandel, dan sal Ek my woord wat Ek tot jou vader Dawid gespreek het, aan jou vervul; dan sal Ek onder die kinders van Israel woon en my volk Israel nie verlaat nie.

1 KONINGS 6:11-13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die woord van die HERE het weer na Salomo toe gekom: “Jy bou nou hierdie tempel vir My, maar as jy al my bepalings en voorskrifte hou en my gebooie gehoorsaam, sal Ek vir jou doen wat Ek aan jou pa, Dawid, belowe het. Ek sal tussen die Israeliete woon en nooit my volk in die steek laat nie.”

1 KONINGS 6:11-13 DB (Die Boodskap)

Die Here het vir Salomo gesê: “As jy My liefhet en elke dag my wil uitleef, sal Ek vir jou doen wat Ek jou pa, Dawid, beloof het. Ek sal in die midde van my volk woon en altyd in die tempel teenwoordig wees. Ek sal Israel nooit verlaat nie.”

1 KONINGS 6:11-13 ABA (Bybel vir almal)

Die Here het met Salomo gepraat en gesê: “Jy bou nou die tempel. As jy lewe soos Ek in my wette sê en as jy doen wat Ek wil hê, dan sal Ek met jou doen wat Ek vir jou pa Dawid belowe het. Ek sal by die Israeliete woon en Ek sal nie weggaan van hulle nie.”

1 KONINGS 6:11-13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe het die woord van die HERE tot Salomo gekom: “Aangaande hierdie tempel wat jy besig is om te bou – as jy my vaste voorskrifte volg, my bepalings uitvoer en al my gebooie nakom deur daarvolgens te leef, sal Ek my belofte oor jou gestand doen, die belofte wat Ek aan jou vader Dawid gemaak het. Ek sal tussen die Israeliete vertoef en my volk Israel nie verlaat nie.”

1 KONINGS 6:11-13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die woord van die HERE het tot Salomo gekom en gesê: Aangaande hierdie huis wat jy besig is om te bou, as jy in my insettinge wandel en my verordeninge voltrek en al my gebooie onderhou om daarin te wandel; dan sal Ek my woord met jou uitvoer wat Ek met jou vader Dawid gespreek het. En Ek sal onder die kinders van Israel woon en my volk Israel nie verlaat nie.