1 KONINGS 6:11-13
1 KONINGS 6:11-13 AFR83
Die woord van die Here het tot Salomo gekom en gesê: “Jy bou nou die tempel. As jy volgens my voorskrifte leef en my bepalings uitvoer en jou aan al my gebooie hou en volgens hulle leef, sal Ek my beloftes wat Ek aan jou vader Dawid gemaak het, nakom teenoor jou. Ek sal tussen die Israeliete woon, Ek sal my volk Israel nie verlaat nie.”

