1 KONINGS 16:18
1 KONINGS 16:18 Bybel vir almal (ABA)
Toe Simri sien dat hulle die stad oorwin, het hy gevlug tot agter die sterk mure van die paleis. Hy het die paleis bo-oor hom aan die brand gesteek en hy het gesterf.
1 KONINGS 16:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Net toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die vesting van die koning se huis ingegaan en die huis van die koning bo-op hom aan die brand gesteek, sodat hy gesterf het
1 KONINGS 16:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Simri bemerk dat die stad ingeneem word, het hy na die verskanste deel van die paleis toe gevlug en die paleis op hom afgebrand. So is hy dood.
1 KONINGS 16:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy dadelik na die vesting van die koninklike paleis gegaan en die paleis bo hom aan die brand gesteek en gesterf.
1 KONINGS 16:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die paleis van die koning se huis ingegaan en die koning se huis oor hom met vuur verbrand en gesterf.