1 KORINTIËRS 10:9
1 KORINTIËRS 10:9 Bybel vir almal (ABA)
Ons moenie vir Christus kwaad maak nie. Party van die Israeliete het dit gedoen, en toe het slange hulle doodgepik.
1 KORINTIËRS 10:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.
1 KORINTIËRS 10:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Laat ons Christus nie uittart nie, soos sommige van hulle Hom uitgetart het, en hulle het deur slange omgekom.
1 KORINTIËRS 10:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat ons nie vir Christus beproef, soos sommige van hulle Hom beproef het nie – hulle is deur slange doodgemaak.
1 KORINTIËRS 10:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat ons ook nie Christus versoek nie, soos sommige van hulle ook versoek het en deur die slange omgekom het.