1 KORINTIËRS 10:27
1 KORINTIËRS 10:27 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer ongelowiges julle uitnooi om by hulle te eet, en julle wil by hulle eet, dan moet julle alles eet wat hulle vir julle gee. Moenie vra van waar die vleis kom nie, want as julle miskien hoor dit is offer-vleis, dan sal julle dink julle doen sonde om dit te eet.
1 KORINTIËRS 10:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
1 KORINTIËRS 10:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
As 'n ongelowige julle uitnooi en julle besluit om te gaan, kan julle alles eet wat vir julle voorgesit word, sonder om ter wille van die gewete navraag te doen.
1 KORINTIËRS 10:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Indien een van die ongelowiges julle nooi, en julle wil gaan, eet enigiets wat vir julle voorgesit word, sonder om vrae te stel ter wille van die gewete.
1 KORINTIËRS 10:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As een van die wat nie glo nie, vir julle 'n fees aanbied, en julle is geneig om te gaan; alles wat julle voorgehou word, eet sonder om ter wille van die gewete te vra.
1 KORINTIËRS 10:27 Die Boodskap (DB)
As ’n nie-Christen jou uitnooi om by hom te kom eet en jy wil dit graag doen, eet wat hy jou gee om te eet. Moenie allerhande spoke opjaag deur te begin wonder of die kos dalk op die een of ander manier met afgode te doen het nie. Jou gewete hoef jou glad nie te pla nie.