1 KORINTIËRS 10:18
1 KORINTIËRS 10:18 Bybel vir almal (ABA)
Dit was dieselfde met die Israeliete in die tyd van die Ou Testament. Wanneer hulle van die offer-vleis geëet het, dan het hulle vir God gedien, hulle het aan God behoort.
1 KORINTIËRS 10:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie?
1 KORINTIËRS 10:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kyk maar hoe is dit by die Joodse volk. Kom daar dan nie gemeenskap tot stand tussen die offeraltaar en dié wat die offers eet nie?
1 KORINTIËRS 10:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk na die volk Israel: Het diegene wat van die offers eet, dan nie deel aan die altaar nie?
1 KORINTIËRS 10:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, Israel na die vlees: is die wat van die offers eet, nie deel aan die altaar nie?