Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, want dit bring meer winste in as silwer en lewer 'n groter opbrengs as goud. Dit het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie. Die wysheid gee met die een hand 'n lang lewe en met die ander rykdom en eer. Die wysheid bring 'n ryk en 'n vol lewe. Dit is 'n bron van lewe vir wie dit aangryp, dit gaan goed met dié wat daaraan vashou. Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelê en die hemel gebou met insig. Deur sy kennis is die groot waters van mekaar geskei en drup die wolke van vog. My seun, behou die takt en oorleg; moet dit nie uit die oog verloor nie, dit sal vir jou 'n mooi lewe verseker en soos 'n pragtige halssnoer vir jou wees; jy sal jou pad veilig loop en jou voet nie stamp nie; jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie; as jy gaan lê, sal jy rustig slaap. Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie. Moenie 'n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie. Moenie vir iemand sê: “Gaan eers terug en kom môre weer, dan help ek jou,” as jy nou reeds kan help nie. Moenie kwaad teen iemand beplan terwyl hy vol vertroue by jou woon nie. Moenie 'n man sommer aankla as hy jou nie kwaad aangedoen het nie. Moenie 'n man wat sy mag misbruik, beny nie en moenie self soos hy maak nie, want die Here het 'n afkeer van 'n slegte mens, maar neem mense wat reg lewe, in sy vertroue. Die vloek van die Here rus op die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van dié wat aan Hom getrou is. Met hooghartige spotters dryf Hy die spot, maar Hy is goed vir dié wat beskeie is. Wyse mense verkry eer, maar dwase kom al hoe meer in die skande.
Lees SPREUKE 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 3:13-35
8 Days
In a busy world, we have to make space for the things that matter most. We have to learn to apply godly wisdom that will help you incorporate these activities into your busy life. In some cases, you will find that you are doing the wrong things. Or you might find that you are doing the right things for the wrong reason or in the wrong way, so they are not life-giving or fulfilling.
8 Dae
Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? Oor die volgende ag dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek Spreuke wat ons kan help met hierdie en ander uitdagings waarvoor ons almal elke dag te staan kom.
8 dae
Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? In die volgende 8 dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek Spreuke wat ons kan help met hierdie en ander uitdagings waarvoor ons almal elke dag te staan kom.
28 Days
Do you feel overwhelmed, dissatisfied, and stuck in a rut? Wishing your day-to-day life could improve? God's Word is your guide to brighter days. During this 28-day reading plan, you will discover ways you can go from living just a good life to living the type of better life that God desires you to have.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's