Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink – God sal ook hierin aan julle die regte insig gee. In elk geval, laat ons koers hou op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.
Lees FILIPPENSE 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: FILIPPENSE 3:7-16
3 Days
Have you ever gone through the painful experience of loss? Have you ever suffered from either personal or material loss? Loss of this magnitude can break and leave us shattered but God meets us in the middle of this loss and can put the pieces back together. In fact, God provides abundantly and magnificently in the midst of loss if we will look for Him. God provides exactly what you need in times of loss.
7 Days
Whether you’ve messed up a little or a lot by human standards, you’re a prime candidate to be used by God. In this 7-day Plan, we’ll learn about six individuals from the Bible whom God used despite where they came from, what their capabilities were, or how colossal their mistakes were.
7 dae
“God seën die bidder wat met sy hele wese bid. Wanneer ons bid, dink ons helderder, verstaan ons beter en kan ons nugterder redeneer.” Dit is E.M. Bounds se aanmoediging vir jou om elke dag te bid. In hierdie sewe kort en kragtige gedagtes oor gebed herinner hy jou hoe belangrik gebed is wanneer jy Goddelike leiding soek om wyse besluite te neem.
14 Days
This plan examines Paul's letter of hope and encouragement for the times of persecution and distress he and the Philippians faced.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's