Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede! Hy sal sy mense 'n kort rukkie prysgee, so lank as dit 'n vrou neem om 'n kind in die wêreld te bring. Dan sal dié uit sy familie wat die ramp oorleef het, terugkom na die Israeliete toe. Hy sal na vore kom en sy volk lei deur die krag wat die Here hom gee, deur die sterkte van die Naam van die Here sy God. Hulle sal woon tot in die uithoeke van die aarde, want hulle leier sal sterk wees. Hy sal vrede bring. Wanneer Assirië ons land binneval, wanneer hy in ons mooi huise wil ingaan, sal ons baie leiers, genoeg generaals, teen hom uitstuur. Hulle sal Assirië platloop met die swaard, die land van Nimrod met swaarde wat reg is om te steek. Die regeerder uit Betlehem sal ons red uit die mag van Assirië wanneer Assirië ons land binneval, wanneer hy ons gebied binnekom.
Lees MIGA 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: MIGA 5:1-5
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's