MIGA 5:1-5

MIGA 5:1-5 AFR83

Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede! Hy sal sy mense 'n kort rukkie prysgee, so lank as dit 'n vrou neem om 'n kind in die wêreld te bring. Dan sal dié uit sy familie wat die ramp oorleef het, terugkom na die Israeliete toe. Hy sal na vore kom en sy volk lei deur die krag wat die Here hom gee, deur die sterkte van die Naam van die Here sy God. Hulle sal woon tot in die uithoeke van die aarde, want hulle leier sal sterk wees. Hy sal vrede bring. Wanneer Assirië ons land binneval, wanneer hy in ons mooi huise wil ingaan, sal ons baie leiers, genoeg generaals, teen hom uitstuur. Hulle sal Assirië platloop met die swaard, die land van Nimrod met swaarde wat reg is om te steek. Die regeerder uit Betlehem sal ons red uit die mag van Assirië wanneer Assirië ons land binneval, wanneer hy ons gebied binnekom.

Versbeeld vir MIGA 5:1-5

MIGA 5:1-5 - Maar jy, Betlehem-Efrata,
jy is klein onder die families in Juda,
maar uit jou sal daar iemand kom
wat aan My behoort
en hy sal in Israel regeer.
Sy begin lê ver terug,
in die gryse verlede!
Hy sal sy mense 'n kort rukkie prysgee,
so lank as dit 'n vrou neem om 'n kind in die wêreld te bring.
Dan sal dié uit sy familie wat die ramp oorleef het,
terugkom na die Israeliete toe.
Hy sal na vore kom en sy volk lei
deur die krag wat die Here hom gee,
deur die sterkte van die Naam van die Here sy God.
Hulle sal woon tot in die uithoeke van die aarde,
want hulle leier sal sterk wees.
Hy sal vrede bring.
Wanneer Assirië ons land binneval,
wanneer hy in ons mooi huise wil ingaan,
sal ons baie leiers,
genoeg generaals, teen hom uitstuur.
Hulle sal Assirië platloop met die swaard,
die land van Nimrod met swaarde
wat reg is om te steek.
Die regeerder uit Betlehem sal ons red
uit die mag van Assirië
wanneer Assirië ons land binneval,
wanneer hy ons gebied binnekom.

Gratis leesplanne en oordenkings oor MIGA 5:1-5