Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.” Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: “Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie? Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.” 'n Tweede keer het Hy gaan bid en gesê: “My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.” Toe Hy terugkom, kry Hy hulle weer aan die slaap, want van die vaak kon hulle nie hulle oë oophou nie. Hy het hulle weer alleen laat bly en 'n derde keer gaan bid en dieselfde woorde gesê. Toe kom Hy na die dissipels toe terug en sê vir hulle: “Slaap en rus julle nog? Die uur het gekom. Die Seun van die mens word in die hande van sondaars oorgegee.
Lees MATTEUS 26
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 26:36-45
8 Days
The final week in the life of Jesus was no ordinary week. It was a time of bittersweet goodbyes, lavish giving, cruel betrayals and prayers that shook heaven. Experience this week, from Palm Sunday to the miraculous Resurrection, as we read through the Biblical account together. We will cheer with the crowds on Jerusalem’s streets, shout in anger at Judas and the Roman soldiers, cry with the women at the Cross, and celebrate as Easter morning dawns!
21 Days
Learn how best to pray, both from the prayers of the faithful and from the words of Jesus Himself. Find encouragement to keep taking your requests to God every day, with persistence and patience. Explore examples of empty, self righteous prayers, balanced against the pure prayers of those with clean hearts. Pray constantly.
14 Days
Dive deeper. Swim farther. This 14 day reading plan for teens helps take your spirituality to the next level. You will have the opportunity to dive into God's Word and be challenged through daily devotionals along the way.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's