Toe Jesus dit hoor, het Hy met 'n skuit daarvandaan weggegaan na 'n stil plek om alleen te wees. Die mense het hiervan gehoor en Hom van die dorpe af te voet gevolg. Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak. Toe dit al aand begin word, het sy dissipels vir Hom kom sê: “Dit is 'n afgeleë plek en dit het al laat geword. Stuur die mense terug dat hulle vir hulle kan gaan kos koop in die dorpe.” Maar Jesus sê vir hulle: “Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet.” Hulle sê toe vir Hom: “Ons het hier net vyf brode en twee visse.” “Bring dit vir My hier,” sê Hy. Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra die seën. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan sy dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee. Al die mense het geëet en genoeg gekry, en hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood wat oorgebly het. Daar was omtrent vyf duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders. Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog eers die mense huis toe laat gaan.
Lees MATTEUS 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 14:13-22
6 Days
Have you lost someone or something you love to death, divorce, or other tragedy? In Love and Loss, Chuck and Ashley Elliott guide participants to reflect upon their journey, identify unseen elements of grief, and illuminate steps to reframe and rebuild their lives, all while pointing to Scripture as a source of hope and direction.
21 Days
Are you—or is someone you love—suffering from the trauma of plans that have been washed away, relationships that have been uprooted, or security that has been devastated? Rather than being destroyed by this tempest, what if you allowed the disturbance to increase your capacity for rapid growth and fulfilling your destiny in God? After digging deeply into the Word of God, there is a triumphant way to be StormProof!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's