Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!” Maar die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man! In ons geval is dit regverdig, want ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” Verder sê hy: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.” Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” Dit was al omtrent twaalfuur, toe kom daar duisternis oor die hele land, en dit het tot drie-uur geduur; die son het opgehou om te skyn. Die voorhangsel in die tempel het middeldeur geskeur. Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas. Toe die offisier sien wat gebeur het, het hy God geprys en gesê: “Hierdie man was werklik onskuldig.” Al die mense wat saamgedrom het om na die skouspel te kyk en gesien het wat daar gebeur het, het verslae huis toe gegaan. Maar al Jesus se vriende, ook die vroue wat Hom van Galilea af gevolg het, het op 'n afstand bly staan. Hulle het al hierdie dinge gesien. Daar was 'n man met die naam Josef, afkomstig van 'n Joodse dorpie Arimatea. Hy was 'n goeie en opregte man en het die koms van die koninkryk van God verwag. Hoewel hy lid van die Joodse Raad was, het hy nie met hulle besluit en optrede saamgestem nie. Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne toegedraai en in 'n rotsgraf neergelê waarin nog nooit tevore iemand begrawe was nie. Dit was Vrydag, en die sabbat het al begin aanbreek. Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het saamgeloop en die graf gesien en gekyk hoe sy liggaam neergelê word. Daarna het hulle huis toe gegaan en reukolie en salf reggemaak. Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.
Lees LUKAS 23
Deel
Vergelyk alle weergawes: LUKAS 23:39-56
4 Days
We have created this resource for you to grow closer to God around the belief that Christ came for everyone, especially you!
5 Days
If we want to share Jesus with others, we’ve got to live like Him, love like Him, and listen like Him. In this 5-day Plan, we’ll take a closer look at the life of Jesus to discover how we should live our lives.
In all the holiday hustle and bustle, it can be easy to lose sight of why we’re celebrating. In this 5-day advent plan, we’ll dive into the promises fulfilled by the birth of Jesus and the hope we have for the future. As we learn more about who God is, we’ll discover how to live through the holiday season with hope, faith, joy, and peace.
6 Days
If Jesus were on board with every idea His followers have staked His claim in, then He’d be one incredibly confused Son of God, always at odds with Himself and overly busy leading the charge for both sides of every debate. Thankfully, Jesus speaks for Himself. You can read His words in this new Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s message series, Things Jesus Never Said.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's