Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!” “As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle. Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde ter harte geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem. Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie. “As Ek nie gekom en met hulle gepraat het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hulle sonde nie. Wie My haat, haat ook my Vader. As Ek nie by hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou sien hulle dit, en tog haat hulle My en my Vader. Maar die woorde wat in die Skrif geskrywe staan, moet vervul word: ‘Hulle het My sonder rede gehaat.’
Lees JOHANNES 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 15:15-25
4 Days
We have created this resource for you to grow closer to God around the belief that Christ came for everyone, especially you!
5 Days
They drain your joy, eat up your time, and rain on your parade—but there’s a better way to view difficult people. Let’s learn how to heal the relationships that suck the life out of us. Get ready for God to do His life-giving work when you start this new Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s message series, Relational Vampires .
Are you experiencing a wilderness season, finding no water or oasis for your soul? What if this season held the greatest hope of all: to know God’s Presence intimately, authentically, and passionately? This devotional encourages you that this time is not wasted, though some days you feel as if you are going nowhere. Because no matter what terrain you tread, God is journeying with you as Comforter, Life-giver, & Friend.
6 Days
The Bible is full of people to emulate, not all of them “able-bodied.” Representation is important, and God gets that! If you or someone you love lives with a disability or difference, this Bible Plan may help you see the way God has chosen to use differences of every kind to accomplish His will. Read on to learn from five different and disabled people in the Bible.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's