'n Man met die naam Lasarus was siek. Hy was van Betanië, die dorp waar Maria en haar suster Marta gewoon het. Maria was die vrou wat met reukolie die Here gesalf en sy voete met haar hare afgedroog het. Dit was haar broer Lasarus wat siek was. Die susters het iemand na Jesus toe gestuur om te sê: “Here, hy vir wie U lief is, is siek.” Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Hierdie siekte sal nie op die dood uitloop nie, maar op die openbaring van die wonderbaarlike mag van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.” Jesus het vir Marta en haar suster en Lasarus liefgehad. Nadat Hy gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was. Eers daarna het Hy vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan terug na Judea toe.” Die dissipels sê toe vir Hom: “Rabbi, nou die dag nog wou die Jode U stenig, en gaan U weer daarheen?” Jesus het geantwoord: “Is daar nie twaalf uur in 'n dag nie? As iemand in die dag loop, struikel hy nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien. Maar as iemand in die nag loop, struikel hy, omdat hy nie die lig het nie.” Hierna het Hy vir hulle gesê: “Ons vriend Lasarus slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.” Die dissipels sê toe vir Hom: “Here, as hy slaap, sal hy gesond word.” Jesus het van Lasarus se dood gepraat, maar hulle het gedink Hy praat van die gewone slaap. Toe sê Jesus vir hulle reguit: “Lasarus is dood, en om julle ontwil is Ek bly dat Ek nie daar was nie sodat julle in My kan glo. Maar kom ons gaan na hom toe.” Tomas, wat ook Didimus genoem is, sê toe vir die ander dissipels: “Kom ons gaan ook, sodat ons saam met Hom kan sterwe.” Toe Jesus daar kom, het Hy gevind dat Lasarus al vier dae in die graf was.
Lees JOHANNES 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 11:1-17
5 Days
Grief is a human experience and no one is immune to it. We grieve when we lose someone or a dream dies. It can strike at any point and is often when we least expect it. We’ll dive into understanding grief and learn how to process the different kinds we’ll go through. Join in on the 5-day Plan so that you can get through your grief in a healthy way.
Empathy allows us to perceive the needs of others, and bring hope and relief into their lives. Often, we can struggle with how to display empathy. Fortunately, we have a great example: in this Plan. We’ll look at what the Bible has to say about empathy, and how we can grow in ours in order to be the hands and feet of Jesus.
7 Days
Too many of us walk through life feeling as if we don't measure up. We always seem to thirst for more. We think if we could only work harder or be better, we could be enough. But the truth is, we will never be enough. And thankfully, we don't have to be. In Proven, Jennie Allen walks through the Book of John to demonstrate how only Jesus is enough.
Most of us try to avoid or ignore our emotions. We might even wonder if our faith and our feelings are enemies. But during His time on earth, Jesus felt emotions deeply. He wasn’t distant from us. He’s with us—even in our emotions. In this 7-day Bible Plan accompanying Pastor Craig Groeschel’s series, Emotions, we’ll look at how Jesus lived to discover how our feelings might increase our faith.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's