As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog. Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor. Daar is egter maar een Wetgewer en Regter, en dit is Hy wat die mag het om te red en te verdelg. Maar jy, wie is jy om regter te speel oor jou naaste? Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot. Al sulke grootpratery is verkeerd. As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.
Lees JAKOBUS 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: JAKOBUS 4:3-17
4 Days
Have you ever wanted to get inside the mind of a pastor? Well, here’s your chance! The founding and senior pastor of Life.Church, Craig Groeschel, gives us an inside look at his daily routine as he reads through the last four verses he highlighted in his Bible. Allow your mind to be renewed as you read these Scriptures along with him, and find out why he chose to highlight them in the first place.
5 Days
Just as a physically unhealthy heart can destroy your body, an emotionally and spiritually unhealthy heart can destroy you and your relationships. For the next five days, let Andy Stanley help you look within yourself for four common enemies of the heart — guilt, anger, greed, and jealousy — and teach you how to remove them.
When the devil knocks, you don’t always hear it. Right? He’d rather sneak in an open door. He’s the deceiver, destroyer, and accuser who will do anything to cover up God’s love and truth. He didn’t want this Life.Church Bible Plan written, and He definitely doesn’t want you or your LifeGroup to read it. But that’s another battle God's about to win.
7 Days
That perfect relationship you admire one image at a time may not be so picturesque in real life. Right? So, what kind of relationship goals actually work? This Life.Church Bible Plan, written by people ranging from long-married, to single, to newlyweds, will point to the kind of love God can offer for all our relationships.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's