Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom. Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos 'n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie. Terwyl hy gely het en gestraf is, is hy weggeneem, en wie van sy mense het dit ter harte geneem dat hy afgesny is uit die land van die lewendes? Hy is gestraf oor die sonde van my volk. Hy het 'n graf gekry by goddeloses, hy was by sondaars in sy dood al het hy geen misdaad gepleeg nie en al was hy nooit vals nie. Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik. Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken. My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak: hy sal die straf vir hulle sonde dra.
Lees JESAJA 53
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 53:5-11
3 Days
Christ came into the world to change our lives and the course of our destinies. In this devotional, we will talk about the impact of those changes.
Reflections on the events of Good Friday told by characters from the nativity stories. An imaginative exploration of the wonder of the nativity and the sacrifice of the crucifixion.
3 Dae
Die skeppingsdoel van die mens is God se liefdesplan met sy liefdeskepsel. In hierdiee leesplan fokus ons op die liefdevolle Vaderhart van God vir elke mens. God het die mens innig lief en Hy het ʼn kosbare plan met elke mens se lewe.
5 Days
It’s the most wonderful time of the year, but we often find ourselves hustling through the holidays. This Christmas, what if we reclaimed wonder? In this 5-day Bible Plan accompanying Pastor Craig Groeschel’s series, The Gift, we’ll discover how the three gifts the wise men gave Jesus can lead us to a place of wonder and worship today.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's