Wat moet Ek met jou doen, Efraim? Wat moet Ek met jou doen, Juda? Julle liefde is soos 'n môrewolkie: dit verdwyn so vinnig soos dou. Dít is waarom Ek julle met my profete gestriem het, julle met my woorde vernietig het. My straf oor julle kom so seker soos die lig, want Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers. Julle het weer die verbond met My verbreek soos destyds by die dorp Adam; daar was julle ontrou aan My. Gilead is 'n dorp vol mense wat onreg doen, 'n plek met bloed bevlek. Die klomp priesters is niks anders as 'n rowerbende nie: hulle pleeg moord op die Sigempad, hulle tree soos skurke op. Ek het iets afstootliks in die koningshuis van Israel gesien: daar vind die hoerery van Efraim plaas, daar word Israel verontreinig.
Lees HOSEA 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: HOSEA 6:4-10
18 dae
God het Hosea se pynlike huwelik gebruik as 'n illustrasie van hoe Hy voel wanneer Sy mense aan Hom ontrou is, maar Hy verbind Hom om hulle steeds lief te hê. Reis daagliks deur Hosea terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's