En Moses sê vir homself: “Ek wil tog 'n bietjie nader gaan om hierdie wonderlike verskynsel te bekyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie?” Toe die Here sien dat hy nader kom om te kyk, roep God na hom uit die doringbos: “Moses! Moses!” En hy antwoord: “Hier is ek.” Die Here sê toe vir hom: “Moenie nóg nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond.” Verder sê Hy: “Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.” Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk. Daarna sê die Here: “Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem. Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na 'n goeie en uitgestrekte land, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Dit is die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Die noodkrete van die Israeliete het My bereik, en Ek het ook aanskou hoe Egipte hulle verdruk. Daarom stuur Ek jou na die farao toe sodat jy my volk, die Israeliete, uit Egipte kan bevry.”
Lees EKSODUS 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: EKSODUS 3:3-10
4 Days
What does the term ‘calling’ mean? Is it an audible voice? A dream? An ecstatic experience? How can I discern God’s calling for my life? Moses lived a purposeful life after that ‘burning bush’ experience, but does that discount all the previous years? Here are some lessons that can help us understand our calling, based on Moses’ life.
5 Days
The Lord is alive and active today, and He speaks to each of His children directly. But sometimes, it can be difficult to see and hear Him. By exploring the story of one man’s journey toward understanding the voice of God in the slums of Nairobi, you will learn what it looks like to hear and follow Him.
People often say, “Give God your burdens.” Do you ever wonder: How do I do that? The brokenness of the world feels too heavy. And as much as you desire to shine the light of Jesus, you wonder what that looks like when you struggle to see the light yourself. This devotional looks at how we can be lights for Jesus even when our own world feels dark.
5 Dae
Ons is geroep om te lei soos Jesus gedoen het. Leierskap begin by ’n persoon, nie ’n posisie nie, en leiers is daar om God se mense te help om sy doel met hulle te bereik. Hierdie daaglikse leesplan sal stewige leierskapfondamente by jou lê, en jou herinner dat jy eerstens ’n geliefde kind van God is, daarna ’n dienaar en eers dan ’n leier.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's